4 maande gelede
Valke vang ou wat bom try verkoop
 ~ 

SECUNDA. – Gewone skurke verkoop gesteelde wapens of koeëls, maar dié man wou ’n mortier verkoop.

Die man het Maandag in ’n hof verskyn nadat hy ’n Britse mortierbom aan ’n undercover cop wou verkoop.

Die Valke in Secunda het inligting ontvang van ’n man wat gesteelde juwele in Mbombela, Mpumalanga, probeer verkoop het.

’n Operasie is uitgevoer en hy is Vrydag gearresteer.

Die undercover polisieman het die 29-jarige verdagte genader.

Onskadelik

Die polisieman was skoon verbaas toe die man ook ’n Britse 88 mm-mortier uithaal en aan hom probeer verkoop.

Dit was deel van die deal en hy wou R150 000 vir die mortier gehad het.

Die verdagte is net daar gearresteer en beslag is gelê op die gesteelde goed. Die bom-afdeling van Mbombela het die bom onskadelik gestel.

Dit sal ook gebruik word as getuienis in die hofsaak.

Hy word aangekla van die besit van plofstowwe en gesteelde goed. Die saak is uitgestel tot 15 April, wanneer hy aansoek gaan doen om bail. News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters