29 dae gelede
#KYK Uber driver vlieg binnekort oorsee
Kim Davey and Menzi Mngoma
Kim Davey en Menzi Mngoma.  ~ Verskaf

‘N UBER driver van Gauteng bevind homself binnekort in Hollywood.

Dit kom nadat 'n video van hom wat opera sing viral gegaan het.

Kim Davey, ‘n musiekstudent, het Menzi Mngomam afgeneem toe hy tydens haar rit gesing het.

Sy het die video op Facebook geshare en gevra dat mense help om die talentvolle man se sangdrome 'n realiteit te maak.

Sedert dit op social media gelaai is, is die video al meer as 'n half miljoen keer gekyk.

Mngoma sê: “My lewe het drasties verander. Ek het al by verskeie plekke opgetree.

"Ek was al Kaapstad toe en in Desember vertrek ek na Los Angeles.”

In Hollywood gaan Mngoma by die IPOP optree. Dit is deel van 'n vyf dae talent convention, waar duisende ander kunstenaars ook op die verhoog sal wees.

“Meer as 200 agente gaan ook daar wees, almal opsoek na nuwe talent. Ek dink ek verdien om daar te wees, en ook 'n bekende internasionale sanger kan word," vertel Mngoma. - SowetanLive 


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters