6 dae gelede
Twieps teiken Mej. SA oor gradeplegtigheid
Queen Shudu
Twieps het geskel oor Mej. Suid-Afrika, Shudufhadzo Musida, kwansuis spesiale behandeling by haar gradeplegtigheid ontvang het.  ~ Verskaf

TWITTER is vies oor Shudufhadzo Musida, Mej. Suid-Afrika, “spesiale behandeling” ontvang het toe sy Dinsdag graad gevang het.

Die 24-jarige queen van Ha-Masia, ’n klein dorpie in Limpopo, het haar honneursgraad in internasionale betrekkinge aan die Universiteit van die Witwatersrand verwerf. Sy het pragtig gelyk in ’n rooi-en-groen broekpak, haar gradeplegtigheid gown en haar indrukwekkende Mej. Suid-Afrika-kroon op haar kop.

Ná Queen Shudu se virtuele gradeplegtigheid het sy ’n onderhoud met die visekanselier, prof. Zeblon Vilakazi, gevoer.OntsteldMaar vir twieps het dit gelyk asof Queen Shudu die enigste gegradueerde was wat die voorreg gekry het om ’n gradeplegtigheid in lewende lywe te hê.

Mense was só ontsteld hieroor dat die hashtag #MissSA gisteroggend getrend het en nommer een op Twitter was. Twieps meen Queen Shudu moes die geleentheid van die hand gewys het, want die res van die graduates moes met net ’n virtuele gradeplegtigheid tevrede wees. Hulle het ook almal onder dieselfde ongunstige toestande net so hard soos sy studeer.

’n Video waar die huidige Mej. Suid-Afrika op die verhoog loop en haar graad ontvang, is in sosiale media gepost. Een twiep vra: “Hoekom het #MissSA ’n fisieke graduation gehad en ander Wits-graduates nie?”

Nóg een laat hoor: “Mense het rede om hieroor ontsteld te wees. Alle gegradueerdes het hard gewerk en hul name is nie eens tydens die virtuele gradeplegtigheid uitgeroep nie, maar sy (Shudufhadzo) kry ’n spesiale gradeplegtigheid.

“Ja, sy is Mej. Suid-Afrika, maar sy is ’n student net soos die res. Hierdie lyk soos klassisme.”

En sjym, mense het ook weer die kans aangegryp om haar met  Zozibini Tunzi, die voormalige Mej. Heelal, te vergelyk. Twieps het geskel dat Zozi nooit iets só onregverdigs sou doen nie.

Soos gewoonlik het twieps net op die wa geklim en arme Queen Shudu aangeval sonder om eers na die feite van die saak te kyk. Sy het soos almal die virtuele gradeplegtigheid bygewoon. Sy is daarna uitgenooi om ’n onderhoud met die visekanselier te voer. Sy het nie ’n fisieke gradeplegtigheid gekry soos wat almal wil glo nie. Sy het net ’n video gemaak waar sy oor die verhoog loop en ’n stuk papier in haar hand hou. Daar was geen oorhandiging van haar graad nie, dit was net sy op die verhoog.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters