10 dae gelede
Twee vroue sterf van tuisgemaakte drank
wyn
Met die ban op alkohol het die meisies besluit om hul eie konkoksie te maak.  ~ Foto ter illustrasie

MET die ban op alkohol het twee meisies hul eie doepa gemaak om die einde van 2020 te vier.

Dit is die tuisgemaakte konkoksie wat ook tot die twee jong vroue se dood gelei het.

SABCnuus berig dat ten minste ses ander mense van Turflaagte in Bloemfontein is ook in die Pelonomi-hospitaal opgeneem, met een van hulle in 'n kritieke toestand.

'n Geestelike leier, Past. Morris Sekutleleng, het die pasiënte gehelp tot by die hospitaal. 

Hy vertel die oorlewendes sê die oorledenes het die konkoksie na die groep gebring en hulle is nie seker wat is al die bestanddele nie.

Die meisies is almal tussen 18 en 23 jaar oud.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters