Verlede maand
Twee vas vir roof by Fidelity-kantore
Jail
(iStock)  ~ 

TWEE mans is vas vir hul beweerde betrokkenheid by 'n kontantroof by 'n Fidelity-kantoor in November.

Kapt. Ndivhuwo Mulamu, 'n woordvoerder van die Valke, bevestig die arrestasie van twee mans inverband met 'n sakeroof by Fidelity se kantore in Hercules.

Volgens nasionale polisiewoordvoerder, brig. Vishnu Naidoo, het 'n groep gewapende mans, geklee in Fidelity-uniform en balaclavas die perseel binnegekom en wagte aangehou van die personeel aangerand voor hulle met 'n onbekende bedrag geld gevlug het.

Naidoo sê die twee mans van 45 en 49 is Maandagoggend gearresteer.

"Die polisie het ook beslag gelê op 'n onbekende bedrag geld."

Intussen verskyn die verdagtes Woensdag in die landdroshof in Pretoria.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters