Verlede maand
Twee vas vir 'opstanding'
Past. Alph LukauSkermgreep: youtube  ~ 

JOHANNESBURG. – Twee mense is gearresteer ná die drama in Februarie toe ’n man kastig uit die dood opgewek is.

Hulle moet vandag in die hof in Johannesburg verskyn.

Die voorval het by pastoor Alph Lukau se Alleluia Ministries-kerk gebeur.

Gespot

’n Video van die “opwekking” het viral gegaan.

Daar is gesê die man was reeds ’n paar dae dood toe hy weer opgestaan het.

Die kerk is daarna gespot, gekritiseer en selfs met regsaksie gedreig.

Die moderne Lasarus, Elliot Moyo, se opwekking het ook nie gestick nie. Hy het blykbaar in April in Zimbabwe weens voedselvergiftiging gesterf. – eNCA

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters