4 dae gelede
Twee vas vir moord op Pofadder-hotel eienaar
’n Sakkie met grond van Leon Brits se geliefde plaas, Pelladuin, was by die begrafnisbrief aangeheg. Foto: Sonel van As  ~ 

DIE polisie het twee verdagtes vir die moord op die Pofadder hotel-eienaar, Leon Brits, gearresteer.

Brig. Mohale Ramatseba, 'n polisiewoordvoerder, sê 'n 37-jarige is op Piketberg en 'n 34-jarige in Kathu gearrester.

Brits, wie se liggaam in 'n swembad gevind is, is op 7 Oktober doodgesteek.

News24 berig dat hy vermoedelik aan sy broer vertel het dat van die staff by die hotel van die hotel se kombuis steel.

Volgens berigte het 'n familievriend genoem dat dit blyk Brits is met 'n honde-ketting verwurg en na die swembad gesleep.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters