Verlede maand
Twee vas oor 167 horings
RenosterFoto: christa prinsloo  ~ 

BRITS. – Die polisie in Noordwes het twee mans wat in besit van 167 renosterhorings was, in hegtenis geneem.

Brig. Hangwani Mulaudzi, ’n woordvoerder van die Valke, het gesê die cops het inligting gekry oor renosterhorings wat per kar vervoer word.

“Ons het hulle Saterdag in die gebied van Hartbeespoortdam gearresteer.”

Volgens die Valke is dit een van die grootste vangste in die land.

Die twee verdagtes van 57 en 61 jaar oud het reeds Maandag in Brits in die hof verskyn.

Kopers

Die polisie het gesê die waarde van die horings is minstens R300 miljoen en dit was onderweg na markte in Asië.

Kopers in veral China en Viëtnam soek renosterhorings.

Dit word daar vir medisinale doeleindes gebruik. Daar word geglo dit het wonder-bestanddele wat vir baie dinge gebruik kan word.

In werklikheid is dit soos mense se hare en naels. Dit bevat net ’n klein bietjie proteïen en geen wonderbestanddele nie.

Suid-Afrika bly die target van skurke wat renosters jag.

Die land het 80% van die wêreld se renosters. – News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters