10 dae gelede
Twee oorleef vliegongeluk
FD
Twee mans het 'n vliegongeluk oorleef.  ~ Verskaf

‘N VLIEËNIER en sy medevlieënier het die dood vrygespring toe hul ligte vliegtuig deur die dak van ’n gebou in Alberton neergestort het.

Die mans het na bewering van Bloemfontein af gevlieg.

ER24 en ander nooddienste kort na 14:00 op die toneel gekom, sê Werner Vermaak, ER24 se woordvoerder.

Hy sê die ligte vliegtuig se neus het deur die dak van ’n gebou gehang.“Albei mans was nog binne die vliegtuig.”Hy sê die brandweer en reddingsdienste het ‘n vurkhyser en ’n hok gebruik om die twee mans op die grond te bring.

“Albei het daarin geslaag om deur ’n venster uit die vliegtuig te klim,” sê Vermaak.

Volgens hom is die twee op die toneel behandel en is daar gevind dat hulle geen ernstige beserings opgedoen het nie. Hulle is egter steeds na ‘n hospitaal vervoer vir verdere observasie.

Plaaslike owerhede het die toneel bygewoon en sal ondersoek instel. - Algoa Fm

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters