16 dae gelede
Twee met onwettige entjies kry bail
Twee mans, wat met onwettige sigarette betrap is, het borgtog gekry.  ~ Foto: verskaf / ter illustrasie

ALLDAYS. – Twee mans wat betrap is met onwettige sigarette van meer as R300 000, is uit op bail.

Eomrp Matthew Masal (29) en Osamo Achico Erias (35) is op 19 Junie in  Alldays in Limpopo gearresteer.

Hulle het 23 bokse sigarette by hulle gehad.

‘n Polisiewoordvoerder, kol.  Moatshe Ngoepe, sê die mans is deur cops in hegtenis geneem wat besig  was met ‘n roetine-ondersoek.

‘’Die 23 bokse onwettige sigarette se waarde is R307 441 en die ondersoek duur voort. “ – News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters