Verlede maand
Twee met liggaamsdele betrap
Twee werkers van Mpumalanga se departement van gesondheid is gearresteer vir die besit van liggaamsdele.  ~ Foto ter illustrasie: Pedro Vilela / Getty Images

TWEE mans wat die afgelope naweek in Mpumalanga gearresteer is vir die besit van menslike liggaamsdele, werk vir die departement van gesondheid in die provinsie.

Sasekani Manzini, LUR vir gesondheid in die provinsie, sê in 'n verklaring die twee werkers, wat met 'n plasenta, 'n knie en 'n been betrap is, is reeds geskors.

Die een het by die Ermelo-hospitaal gewerk en die ander een by die Lothair-kliniek. 'n Derde verdagte, wat Maandag gearresteer is, het geen bande met die departement nie. 

Die liggaamsdele is gevind toe die polisie hul kar afgetrek en deursoek het.

 Brig. Leonard Hlathi, 'n polisiewoordvoerder, sê die verdagtes staan tereg op klagte van die besit van liggaamsdele.

Dis nog onduidelik waar die liggaamsdele vandaan kom, maar Hlathi sê 'n klag van lykskending kan dalk bygevoeg word.

Die trio verskyn op 15 Julie in die landdroshof in Eerstehoek. - TimesLive

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters