15 dae gelede
Twee met gesteelde Prasa-items gevang
grabouw, spoorlyn, prasa
Ses mense is gearresteer vir die besit van gesteelde eiendom.  ~ Verskaf

TWEE mense is die naweek deur die polisie en Prasa se gearresteer, nadat  gesteelde goed van Prasa in hulle besit gekry is.

Volgens ’n woordvoerder van Prasa, Makhosini Mgitywa, is een van die twee ’n senior werker op bestuursvlak by ’n Prasa depot in Germiston.

“Die ander is ’n voormalige werker van Prasa wat ’n bestuurder was en sy eie elektriese en spoorwegtoerusting-maatskappy het.

“Die arrestasies kom ná ’n intense ondersoek deur die polisie en Prasa se sekuriteitspersoneel.”

Intussen sê Mgitywa is Prasa besig om 3 100 sekuriteitspersoneel aan te stel.

Dit volg nadat etlike kontrakte van sekiriteitsmaatskappy vroeër opgeskort is omdat sommige nie wettig was nie.

Volgens Mgitywa sal die nuwe wagte iewers in Augustus met hulle werk begin.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters