9 maande gelede
Twee leerders geskors oor boelie-voorval
Kwazi Mthethwa  ~ Argief

TWEE leerders van KwaZulu-Natal is geskors ná 'n video, waarin 'n medeleerder geboelie word, viral gegaan het.

In die video word 'n meisie herhaaldelik op die grond geskop en slaan en in 'n stadium word haar onderklere van haar lyf geskeur.

Die KwaZulu-Natalse department van onderwys sê die betrokke leerders is van die Matholo High School in Zululand.

Kwazi Mthethwa, woordvoerder vir die departement, sê twee leerders is intussen geskors hangende 'n dissiplinêre proses.

Mthethwa sê berading gaan ook aangebied word aan die slagoffer en ander leerders.

"Aggressiewe gedrag gaan nie geduld word nie," het hy op Twitter gesê. - TimesLive


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters