Verlede maand
Twee kry lyk sonder ’n hart en genitals
polisie
Die polisie ondersoek die moord  ~ Foto Ter Illustrasie- SON

TWEE mans wat gaan hout soek het, het afgekom op die lyk van ’n tienerseun wie se privaat dele en hart uit sy liggaam verwyder is.

Die mans het dié skok-ontdekking Sondag gedoen toe hulle in ’n oop stuk veld in ’n nywerheidsgebied in Kroonstad in die Vrystaat geloop het. Die mans het aan die polisie vertel dat hulle met die treinspoor langs gestap het toe ’n boomtak hul aandag getrek het.

Wond

Hulle het gaan kyk en ontdek dat die grond onder die tak baie sag is. Hulle het in die grond gegrou en op twee plastieksakke afgekom met ’n mensehand sigbaar.

Brig. Motantsi Ma­khele, ’n polisiewoordvoerder, sê forensiese personeel het Maandag die lyk opgegrawe.

Makhele sê: “Die lyk is dié van ’n jong man van tussen 17 en 19 jaar. Hy het op sy rug gelê met ’n wond aan sy voorkop en ’n snywond aan die maag.

“By nadere ondersoek is gevind dat die slagoffer se hart en privaat dele verwyder is.”

Hy voeg by dat skerp voorwerpe naby die lyk ontdek is. Die slagoffer se identiteit is nog onbekend. News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters