3 maande gelede
Twee keer life vir pa wat dogters rape
 ~ 

'N 50-JARIGE man is Dinsdag twee lewenslange vonnisse in die Limpopo-hooggeregshof opgelê vir die herhaardelike verkragting van sy twee minderjarige dogters.

Die verkragtings het vanaf Januarie 2014 tot Februarie 2016 plaasgevind.

Kol. Moatshe Ngoepe, 'n polisiewoordvoerder, sê hy sou in die middel van die nag na die meisies se kamer sluip en hulle dan verkrag. Die meisies en hul pa het in 'n village buite Thohoyandou gewoon.

Ngoepe sê een van die meisies het toe swanger geword waarna 'n klag van verkragting geopen is.

Lt. Nneke Ledwaba, Limpopo se polisiekommissaris, het die vonnis verwelkom.

*In 'n ander voorval is 'n 39-jarige man tot twaalf jaar tronkstraf gevonnis vir die moord op sy girlfriend.

Joseph Mafifi (39) is Maandag in die Limpopo-hooggergshof in Polokwane gestraf.

Ngoepe  sê die polisie is op 18 Maart uitgerope na 'n plaas in Limpopo waar 'n vrou gesteek is.

“Toe die polisie op die toneel kom, het hulle die liggaam van 'n 44-jarige vrou, wat verskeie kere gesteek is, gevind,” vertel Ngoepe.

“Die oorledene is as Simangele Sibanda geïdentifiseer.”

Mafifi het toe gevlug en is later aangekeer in sy home village in Moletemane, Botswana.

Hy is aan Suid-Afrika oorgegee waar hy aangekla is.

Tydens Mafifi se verhoor het hy gesê, hy het sy girlfriend gesteek omdat sy sonder sy wete vir 'n aborsie gegaan het. - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters