4 dae gelede
Twee dood toe tuig in Springs val
emergency vehicle lights
Twee mans is dood in 'n vliegtuigongeluk in Springs.  ~ Foto ter Illustrasie

'N VLIEËNIER en 'n passasier is dood toe 'n ligte vliegtuig naby die Springs-vliegveld in Ekurhuleni neergestort het.

Volgens Ekurhuleni se rampbestuur het hulle Sondag om 18:20 die noodoproep ontvang. Die twee insittendes was reeds dood toe paramedici en brandweermanne by die toneel aankom.

Die vliegtuig was na bewering besig om te land toe dit neergestort het.

William Ntladi, woordvoerder van Ekurhuleni se rampbestuur, sê die vlieënier en passasier het erge interne en veelvuldige eksterne trauma opgedoen.

Die identiteite van die oorledenes is nog nie bekend gemaak nie. - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters