23 dae gelede
Twee dood toe bus rol
bus
Twee mense is dood toe 'n bus naby Cullinan gerol het.  ~ Foto Verskaf

TWEE mense is Woensdagoggend dood toe die bus waarin hulle gery het, naby Cullinan in Gauteng omgeslaan het.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare911, sê die bestuurder het beheer van die bus verloor.

34 ander passasiers het ligte tot matige beserings opgedoen.

Hulle is op die toneel behandel en daarna na die hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters