29 dae gelede
Twee dood, 5 beseer in karongeluk
EINA: ER24 neem die beseerdes hospitaal toe. Foto: AndrÉ Damons/NETWERK24  ~ 

Twee mense is dood en vyf ander beseer toe hul voertuig op die Boy Lowe-pad in Vereeniging gerol het.

Nooddienswerkers sê met hul aankoms op die toneel was daar net een voertuig, wat op sy dak in die middel van die pad gelê het. In die voertuig was ‘n man met ernstige beserings.

Naby die voertuig was ses ander passassiers, een van hulle ‘n vrou wat op die toneel dood verklaar is.

Die ander slagoffers is almal na naby geleë hospitale geneem, vir behandeling.

Intussen is ‘n man dood en vier ander, insluitende twee kinders, beseer in ‘n ongeluk op die R82 in De Deur.

Nooddienswerkers sê die man het verskeie beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar.

Vier ander passassiers, insluitende twee tieners, is na ‘n hospitaal geneem vir behandeling.

Russel Meiring, woordvoerder vir ER24, sê “’n 11-Jarige en seun was in ‘n kritieke toestand, terwyl ‘n 14-jarige seun in ‘n ernstige toestand gevind is. Twee ander mans het ook geringe beserings opgedoen.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters