3 maande gelede
Twee cops kry bail
Vyf beamptes in hof.
Die vyf beamptes toe hulle in die hof verskyn het.  ~ SABC News

TWEE polisiebeamptes wat in verband met verlede week se raids in die Johannesburgse middestad gearresteer is, is op borgtog vrygelaat.

Samuel Sekopona en Elvis Molae is elk borgtog van R5 000 toegestaan.

Hulle staan tereg op klagte van regsverydeling en afdreiging nadat hulle glo twee besigheidseienaars laas week ingelig het wanneer die raid sou plaasvind. 

Sugenda Moodley, die staatsaanklaer, het aan die hof gesê die twee sersante, verbonde aan die taktiese reaksiespan, is 'n dag voor die raid op video betrap terwyl hulle met die besigheidseienaars praat.

"Hulle het in 'n gemerkte voertuig gery en twee vroue genader. Daar is gesien hoe hulle 'n boks neem, waarin daar blykbaar klere was. Daar is toe nog 'n boks verruil," het Moodely verduidelik.

"Ons kon nog nie die tweede boks opspoor nie en hoop om dit met verdere ondersoek te vind."

Sekopona en Molae word aangekla saam met Marubini Aubrey Raphebele, Thulane Philemon Bopela, Petrose Mosiuoa, Samuel Motaung, Timothy Piet Mohlala, Zandile Rachel Nebe, Makhangeni Kenneth Makhubele, en Joseph Morethebe Tsotetsi.

Hulle word aangekla op klagte van afdreiging, diefstal, korrupsie en regsverydeling. - SowetanLive

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters