Verlede maand
KYK: Katlego Maboe erken hy cheat
Katlego Maboe  ~ 

Sosiale media het weereens bewys daar is geen insurance wat jou diepste geheime se outcome sal kan keer nie.

Katlego Maboe, aanbieder van 'n TV ontbyt program en gesig van 'n groot insurance maatskappy, is duidelik sigbaar in die video clip wat Donderdagaand viral gegaan het.

Dit kom voor of die video deur die vrou gemaak is.

Die vrou beweer die TV man het haar ook vuilsiek (STD) gegee, as gevolg van sy rondslapery.

In 'n laatnag Facebook post erken Maboe hy was ontrou.

"Dit is 'n daad wat ek tot vandag toe berou."

Hy skryf verder: "Ons paaie is tans besig om te skei en dit word deur regsprosedures opgelos.

"In die lig van comments wat gemaak word wil ek net noem dat ek nooit my partner abuse het nie," skryf Maboe.

Volgens die broer van sy kind sy ma is hulle deur Maboe se prokureur gedreig met regsaksie as hulle voortgaan om oor die beweerde aanranding te praat.

Die post lui: “Net 'n vinnige update. Ek het so pas 'n oproep van Katlego Maboe se prokureur gekry. Ek en my vriend is gedreig daarmee dat ons opgesluit sal word as ons weer praat oor die mishandeling, waardeur hy my suster gesit het. Hy wil seker nie hê die publiek moet hiervan weet nie.

“Katlego het haar ook verneuk toe sy swanger was met hulle seun, asook verskeie ander kere.

“Jy kan my laat toesluit, maar weereens, my vriend, jy kan nie hiervan weghardloop nie.”

In die post het die broer al die bekende brands waarmee die TV man tans werk, getag.

Maboe voeg by: "Ek verkies om die saak privaat te hanteer om ons kind te beskerm. Aan die einde va ndie dag is ons kind al wat saak maak vir my."

Son het uitgereik na die ma van Maboe se seun, maar wag steeds vir haar kommentaar.

  • * Die storie al aangepas word soos meer inligting bekend word.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters