18 dae gelede
Tutu trek sy kruisie
Desmond Tutu
Desmond Tutu trek sy kruisie.  ~ benny gool

EMERITUS-AARTSBISKOP Desmond Tutu was een van baie spesiale mense wat reeds gister sy kruisie in die verkiesing getrek het.

“Baie dankie dat julle gekom het,” het Tutu vriendelik aan die media gesê.

Hy en sy vrou, Leah, het by hulle huis aan die verkiesing deelgeneem toe beamptes die egpaar daar laat stem het.

Tutu (87) het nog heel regop met ’n kierie ge­stap.

Hy en sy vrou het hier in Kaapstad afgetree.

Die spesiale stemme is gereël vir bejaardes, siekes en ander mense wat nie self by die stembusse kan uitkom nie. – News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters