4 maande gelede
Tshwane trap brieke met tariefverhogings
An electricity pylon
 ~ Foto ter illustrasie

DIE styging van elektrisiteitstariewe in die Tshwane-metro gaan uitgestel word totdat publieke konsultasies gehou word.

Steven Mokgalapa, Tshwane-burgemeester, het dié aankondiging Woensdag gemaak.

Die metro is deur AfriForum hof toe gesleep omdat hulle die verhoogde elektrisiteitstarief sonder die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) se goedkeuring geïmplementeer het.

Mokgalapa sê konsultasies deur Nersa gaan nou Maandag gehou word voordat die nuwe tarief goedgekeur word.

Mokgalapa verwelkom ook die uitstel van die aansoek wat AfriForum in die Noord-Gautengse hooggeregshof gebring het. – News24


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters