12 dae gelede
Tronkstraf vir ou met R1,75 m. in kar
Nicholas Fouche
Nicholas Fouche  ~ Foto Verskaf / SAPD

DIE motoris wat laas jaar op pad na Botswana met meer as 'n miljoen rand in kontant betrap is, is vyf jaar tronkstraf opgelê vir bedrog.

Nicholas Fouche (35) het ook Dinsdag 'n opgeskorte vonnis vir geldwassery in die Lephalale-landdroshof gekry.

Fouche is verlede jaar op 7 Augustsus by die Stockpoort-ingangspoort naby Lephalale gearresteer.

Kapt. Matimba Maluleke, polisiewoordvoerder, sê in 'n verklaring Fouche het nee beantwoord toe hy gevra is of hy enigiets het om te verklaar voordat hy die grens na Botswana oorsteek. 

'n Bedrag van R1,750 000 in kontant is egter in 'n sak in sy kar se boot gevind.

Fouche is op 11 September skuldig gevind.

Sy geld is intussen aan die staat verbeur.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters