10 maande gelede
Trok tref vier ander
gru-ongeluk: Trok se band het gebars. Foto: sowetanlive  ~ 

TWEE kinders is onder die 27 mense wat Vrydag in ’n gru-botsing gesterf het. Talle voertuie was betrokke in die botsing op die N1 in Mookgo­pong net buite Modi­molle in Limpopo.

Vier mense het die botsing oorleef.

Hulle is na verskeie hospitale in die omgewing vervoer.

Volgens ’n polisiewoordvoerder, kol. Moatshe­ Ngoepe, het ’n trok wat sement vervoer het, rondom 14:30 beheer verloor op die N1 Suid.

Vlamme

Die trok het toe voor die aankomende verkeer ingeswaai en teen vier ander voertuie gebots.

’n Mercedes Benz-bus en ’n Nissan NP200-bakkie het in vlamme opgegaan.

Die polisie kon nog nie die presiese oorsaak van die ongeluk bepaal nie, maar ’n woordvoerder van die provinsiale departement­ van vervoer, Matome Moremi Taueatsoala, het gesê ’n band van die trok het gebars. – News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters