Verlede maand
Treinwerkers staak oor veiligheid
Treinwerkers gaan Vrydag staak vir beter veiligheid.  ~ foto ter illustrasie: peter abrahams

DIE vakverbond, Fedusa, wil hê die weermag moet op treinstasies ontplooi word om pendelaars op platfroms te beskerm.

Lede van Fedusa, waaronder die United National Transport Union (Untu) val, gaan Vrydag in verskeie stede staak vir beter veiligheid op Metrorail-treine.

Untu sê hulle is bekommerd oor die veiligheid van hul lede.

Hulle het in Mei in 'n verklaring gesê die nasionale ekonomiese ontwikkelings-en-arbeidsraad het hulle toestemming gegee om te staak omdat onderhandelinge vir beter veiligheid vir hul werknemers skipbreuk gely het.

Van die vakbond se griewe is dat werknemers die reg op 'n veilige werksomgewing het en sekuriteit dus opgeskerp moet word.

Hul meen ook dat die Passasierspooragentskap (Prasa) opgeleide sekuriteitswagte moet kry asook stasies moet omhein om pendelaars te beskerm.

Die vakbond vra ook vir meer mannekrag en vir senior poste om gevul te word.

Untu meen ook Prasa moet deursigtig wees oor sy uitdagings in hul onderhandelinge met die spoorwegreguleerder.

Matthew Hirsch, van #UnitedBehind, sê hy is simpatiek met die Untu se soektog na veiligheid op treine, maar ondersteun nie 'n versoek vir die weermag om op stasies ontplooi te word nie.

Nana Zenani, Prasa-woordvoerder, sê gebeurlikheidsplanne gaan in plek wees sodat die staking nie 'n impak op werksaamhede het nie. - GroundUp.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters