3 dae gelede
Spietkop sit ses jaar ná hy omkoopgeld vat
Man in handcuffs
Die traffic cop is ses jaar tronkstraf opgelê.  ~ Foto ter illustrasie: Getty Images

'N VOORMALIGE traffic cop is ses jaar tronkstraf opgelê vir korrupsie nadat hy omkoopgeld van 'n motoris aanvaar het.

Wilson Makaula (49) is vandeesweek in die Vosloorus-landdroshof gevonnis.

Hy was in Mei 2018 nog aan diens van die Ekurhuleni Metropolitan Department toe hy 'n motoris in Vosloorus afgetrek het.

Makaula het gedreig om die voertuig te skut en het R300 van die bestuurder geëis.

Die driver het hom slegs R150 gegee. Later toe Makaula die res soek, het die driver die saak by die Valke se ondersoekspan teen ernstige korrupsie aangemeld.

Die eenheid het toe 'n lokval gestel en Makaula is later by 'n winkelsentrum in Vosloorus in besit van die R150 gearresteer. - SAPD


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters