11 dae gelede
Tot 2 000 is dalk hul werk kwyt
afdankings komFoto: istock  ~ 

ARCELORMITTAL South Africa­ kan tot 2 000 mense afdank.

Dis is deel van ’n landwye optrede om koste te bespaar.

Die staalbedryf in die land sukkel tans weens hoë koste vir elektrisiteit en onverwerkte materiale.

Die maatskappy het in ’n verklaring gesê die swak plaaslike ekonomie maak dinge ook moeilik.

Groot verliese is gemaak en minstens R650 miljoen is verloor.

Aandele het die afgelope 14 maande met 17% geval.

ArcelorMittal is een van die wêreld se grootste staalvervaardigers, maar die aanvraag vir staal het gedaal.Fin24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters