Verlede maand
TIito ‘het plan om te herbou’
MOEILIKE JOB: Minister Tito Mboweni het gister die middeltermynbegroting aangekondig.  ~ Netwerk24

DIS nou koebaai vir die bietjie ekstra geld wat mense in die lockdown by hul grants gekry het.

Dit was Woensdag een van die hoofpunte van die middeltermyn-begrotingsaanpassing vir ons land.

Tito Mboweni, die minister van finansies, het sy speech in die na­sionale parlement gelewer.

Mboweni sê die R350 wat werk­loses mense sedert­ die begin van die lockdown gekry het, word tot in Januarie­ verleng.

Mboweni sê: “Soos wat die pandemie ontvou het, is sekere aanpassings gemaak. Die bronne vir verligtingspakkette het van verskeie plekke gekom, soos van die Werkloosheidsversekeringsfonds (UIF) se reserwes.

“In die lockdown is daar ook kontant-grants aan meer as 22 miljoen mense uitbetaal. Dis byna die helfte van die land se bevolking.

“Om die armste Suid-Afrikaanse huishoudings te beskerm, het ons maatskaplike beskerming uitgebrei.

“Altesaam 7 miljoen mense het deur die UIF toegang tot die Temporary Employment Relief Scheme (Ters) gekry.

“Die spesiale Covid-19 grant vir verligting van maatskaplike nood het 6 miljoen mense bereik.

“Die tydelike verhogings van ander grants sal ongelukkig tot ’n einde kom.”

Mboweni vergelyk die huidige ekonomiese toestand met die tyd net toe apartheid geëindig het.

Hy sê: “Ons is in ’n soortgelyke posisie.

“Die ekonomie moet weer herbou word. Daar word verwag dat die ekonomie met 8,7% gaan krimp. Werkloosheid het veral in die lockdown toegeneem.

“Ons kan egter nie in ’n staatskuld-krisis beland nie.”

Hy gee egter die versekering daar is ’n plan vir herbouing.

“Ons het ’n plan om die ekonomie te herbou.”

Hy sê die regering sal R10,5 miljard aan die omstrede Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAA) gee.

Mboweni sê ook die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping gaan ’n ekstra R68 miljoen van die departement van justisie en grondwetlike ontwikkeling kry.

Sluit

Mboweni voeg by weens die onaanvaarbare PPE-korrupsie wat in Suid-Afrika voorgekom het, sal die regering na normale tenderprosesse terugval om ver­dere korrupsie te verhoed.

“Baie mense moet nou suffer as gevolg van hierdie skelms,” sluit Mboweni af.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters