6 dae gelede
Tienling is wêreldwyd al bekend
GEVIND: Mzwandile Masina het in dié twiet bevestig dat hulle die ma en haar groot kroos eindelik opgespoor het.  ~ Twitter

’N SUID-AFRIKAANSE vrou het luidens berigte die eerste vrou ter wêreld geword om die lewe aan ’n tienling te skenk.

Gosiame Thamara Sithole van Ekurhuleni het Maandag in ’n Pretoriase hospitaal ná ’n keisersnee sewe seuns en drie dogters ryker geword.

Sithole en haar man, Tebogo Tsotetsi, het aanvanklik gedink hulle verwag net ses tot agt babas. Die 37-jarige vrou is nou ’n ma van 12.

Hoewel daar gister nog twyfel was of die storie waar is, het dit reeds wêreldwye nuus geword. The New York Post berig Guinness World Records is reeds bewus van die groot nuus.

Gesondheid

Guinness World Records weet van die nuus dat Gosiame Thamara Sithole aan ’n tienling die lewe geskenk het en ons stuur ons gelukwensing en beste wense aan die familie,” het ’n woordvoerder gesê.

“Tans moet ons dit nog as ’n rekord bevestig omdat die gesondheid van die ma en babas eers die topprioriteit is. Ons rekordspan en ’n spesialiskonsultant kyk daarna.”

Mzwandile Masina sê dit gaan goed met die kinders en dat hul plaaslike comrades aan die vrou hulp verleen.

The Citizen berig SA beplan­ nou ’n landwye baby shower.

Adv. Busisiwe Mkhwebane, openbare beskermer, het reeds aangedui haar familie gaan babagoedjies skenk.

Lucky Star gaan ook ’n jaar se voorraad blikkiesvis aan die gesin verskaf.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters