Verlede maand
Tiener meisie gesteek, verkrag en uitgebrand
 ~ ter illustrasie: Verskaf

NOG 'n leerder van Gauteng is dood.

Laticia Jansen is vermoedelik verlede Woensdag gesteek, verkrag en uitgebrand, voor sy Vrydag in 'n bos in Elsburg in Germiston gekry.

Die voorval van ie 15-jarige gr.9-leerder van Graceland Opvoedkundige-sentrum word nog deur die polisie ondersoek.

News24 berig Jansen het Woensdag verdwyn toe sy nie na skool by die huis aangekom het nie.

Die Gauteng onderwysdepartement sê haar skoolvervoer het haar weggery en sy moes huistoe loop.

Panyaza Lesufi, provinsiale onderwysminister, het die gesin Sondag besoek en sy medelye betuig.

Hy het aan die gesin die versekering gegee dat indien die skool verkeer was hy sal optree.

Lesufi sê: "Daar word beweer dat die skoolvervoer 'n neiging begin het om vroeër as geskeduleer te ry en dan leerders agter te laat. Dit is 'n ernstige bron van kommer.

"Die aantuigings rondom hierdie aantuigings sal ondersoek word."

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters