4 maande gelede
Tiener in boeie vir moord op ouma
 ~ 

‘n 17-Jarige seun is agter tralies oor hy glo sy 64-jarige ouma vermoor het.

Kapt. Olebogeng Tawana, van die Noord-Kaapse polisie, sê die tiener het met sy ouma by haar huis in Grootdrink, net buite Groblershoop, gestry.

“Die verdagte is op die toneel gearresteer en sal Dinsdag in die Groblershooplanddroshof verskyn.”

EWN berig: Die vrou het glo geen sigbare beserings nie en daar word nog op die nadoodse-ondersoek gewag om die oorsaak van die dood te bepaal

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters