2 maande gelede
Thabane 'bedreiging vir Lesotho'
Lesotho Prime Minister Thomas Thabane
Thomas Thabane  ~ AFP

LESOTHO se regerende party het die land se eerste minister, Thomas Thabane, gevra om te bedank oor bewerings dat hy sy vrou in 2017 vermoor het. 

Die All Basotho Convention beskou Thabane (80) as ’n "bedreiging vir die nasie".

Lesotho se polisiehoof beskuldig Thabane in hofstukke dat hy betrokke was by die moord op Lipolelo Thabane (58). 

Lipolelo is drie jaar gelede, twee dae voor haar man se inhuldiging, vermoor.

Die aantygings kom nadat Thabane vir Holomo Molibeli, die polisiekommissaris, geskors het. 

Molibeli se ondersoek na die moord het gewys dat kommunikasierekords Thabane se selfoonnommer op die dag van die voorval opgetel het.

Thabane en sy vrou was voor haar dood besig om te skei.

Nqosa Mahao, adjunkleier van die All Basotho Convention, sê dit is duidelik die premier is ’n verdagte is in ’n afskuwelike kriminele saak.

Mahao sê Thabane se optrede om Molibeli te skors is 'n poging tot regsverydeling.  - AFP

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters