3 maande gelede
'Teer ons pad of hekke bly toe'
Empty court room in Akwa Ibom
Gemeenskap dreig dat klasse leeg sal bly indien hulle eise nie ernstig opgeneem word nie.  ~ Foto ter illustrasie

DIE ouers van leerders in Limpopo sê skole gaan gesluit bly totdat hul paaie geteer word.

Skole in Zebediela is al vir meer as drie maande gesluit nadat inwoners se eise vir geteerde paaie nie nagekom is nie.

'n Gemeenskapsleier sê daar gaan nie skool wees totdat hulle versekering gekry het dat hul pad geteer gaan word nie.

Daar is ook versoek dat vier leerders, wat gearresteer is, vrygelaat moet word.

Ouers van Madisha Leolo en Motsetsereng het egter hul kinders toegelaat om terug skool toe te gaan.

Dit kom ná Polly Boshielo, LUR van onderwys, ouers gewaarsku het dat hulle vervolg kan word.

Boshielo sê hy is besig om met prokureurs te konsulteer om ‘n hof bevel te kry wat ouers sal verhoed om hul kinders weg van die skool te hou. – News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters