5 maande gelede
‘Tata’ nou drie kanse elke dag!
WEN NOU: Só lyk die nuwe Lotto-kaartjies.FOTO VERSKAF  ~ 

VAN vandag af kan jy elke dag drie keer per dag Lotto speel. Jou wenkans is dus baie groter as in die verlede.

Die National Lottery Operator, Ithuba, het die land met dié aankondiging onkant betrap.

Volgens Ithuba kan jy nou net ná break­fast jou eerste kaartjie ingooi. Maak seker jy doen dit voor 09:00; die eerste trekking is 10:00.

Sukses

Sorg dag jou tweede kaartjie voor 13:00 in is. Sy trekking is 14:00.

Om 21:00 – dit wil sê ná supper – is jou laaste wenkans vir die dag.

Volgens Danie de Loser, ’n woordvoerder van Ithuba, is dié besluit geneem na aanleiding van die groot sukses van die daaglikse Lotto-trekking. Dít het sowat ’n maand gelede begin.

“Ons maak baie geld uit die daily draw. Hoe kon ons nee sê vir die opportunity van ’n Lotto-trekking drie maal per dag? Almal soek deesdae nog geld in die sak, veral noudat die petrolprys weer die hoogte gaan inskiet.

“Wat is beter as om jou laaste geldjies te spend met die hoop om ’n klein fortuin te wen sodat jy ten minste jou tenk kan vol maak?”

Inkom

Volgens De Loser gaan die breakfast en lunch Lotto anders werk. Daar is net 20 syfers op dié kaartjies.

“Dis random en nie noodwendig van 1 tot 20 nie. Elke dag se kaartjies sal ander syfers op hê. Jy kies 19 uit die 20 syfers.

“Elke syfer kos R1. As een van jou nommers inkom, wen jy.”

De Loser wou nie sê hoeveel ’n mens met elke draw kan wen nie.

“Dit bly ’n geheim. Die wenbedrag sal aangekondig word sodra ons weet wie die groot wenner van die draw is.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters