2 maande gelede
Talle beseer in treinongeluk
Selby, Metrorail
Talle is beseer toe twee treine in Selby, Johannesburg gebots het.  ~ 
Ongeveer ‘n 100 mense is vanoggend beseer toe twee passasierstreine in Selby, suid van Johannesburg, gebots het.

ER24 sê met hul aankoms het talle pendelaars reeds van die trein af geklim en op die toneel rondgeloop.

Nooddienswerkers het van die passassiers begin ondersoek. Van die het sowat ‘n 100 ligte beserings opgedoen.

Geen ernstige beserings is aangemeld nie.

Die oorsaak van die ongeluk is nog onbekend en ‘n ondersoek is geloods.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters