10 dae gelede
Sy doen dit vir dogter
erg: Die vrou laat nie met haar mors. Foto: CCTV-skermgreep  ~ 

DIE 42-jarige vrou van Alberton wat ’n groep hijackers met haar kar gestamp het, sê sy is g’n held nie.

Sy het aan News24 gesê sy het dit net gedoen om haar tienerdogter te beskerm.

Sy bly anoniem, want sy is bang die mans keer terug.

Haar arm is erg geswel ná die voorval wat Maandag 27 Augustus plaasgevind het

Agtervolg

“My nege maande oue kleinseun sou saam met ons gewees het as planne nie verander het nie,” het sy met trane in haar oë gesê.

CCTV footage van die voorval is wyd versprei op sosiale media. Baie mense het haar beskryf as ’n held, maar ander dink weer sy was onnosel.

Die cops het vasgestel die gang het haar agtervolg vanaf die plaaslike winkelsentrum. Die vrou is na drie aparte plekke gevolg, maar die hijackers het eers opgetree toe sy in haar oprit ingery het.– News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters