5 dae gelede
Swanger tieners wek kommer
Tienerswangerskappe in die Noord-Kaap is kommerwekkend.  ~ ter illustrasie

TIENERSWANGERSKAPPE in die Noord-Kaap is omtrent kommerwekkend.

EWN berig dat meer as 5 000 skoolmeisies in die provinsie tussen April 2020 en Junie 2021 swanger geword het.

Die departement van onderwys in die Noord-Kaap sê hulle is bekommerd oor die aantal swangertieners en voeg by sommige is so jonk as 10 jaar oud.

Volgens die departement word die voorkoms van tienerswangerskap in die provinsie meestal toegeskryf aan maatskaplike euwels in die gemeenskappe. Dit sluit in drank- en dwelmmisbruik en opvoeders wat leerders seksueel aanrand.

Zolile Monakali, die LUR vir onderwys in die provinsie, het aan EWN genoem: sedert die begin van die pandemie tot einde Junie vanjaar was daar 5 015 swanger gevalle van meisies tussen 10 en 19 jaar aangeteken. 

Van die meer as 5 000 was 154 meisies tussen 10 en 14 jaar oud.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters