13 dae gelede
SVA sê Marks is veilig in SA
Lana Marks, die Amerikaanse ambassadeur in Suid-Afrika.  ~ Argief

DIE Staatsveiligheidsagentskap het die versekering gegee dat Lana Marks, die Amerikaanse ambassadeur in Suid-Afrika, nie seergemaak sal word nie. 

Die SVA het Suid-Afrikaners in 'n verklaring verseker dat die beweerde moordkomplot die nodige aandag kry.

Hulle het met die betrokke partye, binne Suid-Afrika en oorsee, gepraat om Marks se veiligheid te verseker.

Daar is Maandag berig dat Iran beplan om Marks te vermoor in weerwraak vir die dood van die weermaggeneraal Qassem Soleimani.

Ayanda Dlodo, minister van staatsveiligheid, sê Suid-Afrika het 'n plig om alle diplomate in die land te beskerm.

Saeed Khatibzadeh, Iran se minister van buitelandse sake, het die bewerings van 'n moordkomplot ontken.

Volgens Khatibzadeh is die bewerings deel van pres. Donald Trump se teenintelligensie-veldtog teen Iran. - The Citizen


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters