Verlede maand
Steve Hofmeyr se seun nie by Ghoema's uitgeskop nie
steve hofmeyr, devon hofmeyr
Steve Hofmeyr en sy seun, Devon.  ~ Facebook

Steve Hofmeyr se seun beweer hy is by die Ghoema-musiektoekennings uitgegooi, oor hy opgestaan het vir sy taal en kultuur wat verdruk word deur sy eie mense.

Devon Hofmeyr was Woensdagaand by die Sun Arena, Times Square, om te betoog teen sy pa se Die Land-liedjie wat van die nominasielys – op versoek van die hoofborg, MultiChoice – verwyder is.

Die jong Hofmeyr het ‘n Facebook live-video gelaai van hom en ‘n vriend, Francois van der Merwe, wat uit die Sun Arena in Pretoria vergesel is.“Omdat ons opstaan teen leuens wat mense op die verhoog vertel,” lees die onderskrif van die video.

Devon verwys na Shihaam Domingo se toespraak oor die Hip Hop-afdeling. 

Sy het skaars haar derde sin begin of Domingo is onderbreek toe ‘n man uit die gehoor skree: “Julle wil Afrikaans afbreek.”Suzaan Keyter, ‘n woordvoerder vir kykNET, sê ons sekuriteitspersoneel het dadelik reageer.

“Daar is bevind die twee mans wie opgestaan het het nie kaartjies vir die aand nie. Hulle is gevra om die arena te verlaat en uit vergesel.”

Sy voeg by: “Die video wat geshare word bevestig die vreedsame voorval.”

Intussen het Domingo voort gegaan met haar toespraak en gesê:  En in hierdie tyd waarin ons soms mekaar se kulture misverstaan, ‘n tyd waarin ons stry OOR Afrikaans, maar meer belangrik… ’n tyd waarin ons stry in Afrikaans, vind ons ook ons stem in Afrikaans. 

Demi Lee Moore het intussen haar Beste Musiekvideo-toekenning aan die manne agter Die Land video opgedra.

Tydens haar toepsraak het sy gesê: “Die toekenning gaan aan elke persoon wie nog hoop het in die land. Wat woon in die land. Wat hul kinders groot maak in die land. Wie lief is vir die land."

Die Ghoema Musiektoekennings word Saterdagaand 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai. 


Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters