DIE Gautengse departement van gesondheid is weens die skerp styging in Covid -19-pasiënte onder geweldige druk.
Die Steve Biko Akademiese Hospitaal in Pretoria word veral oorweldig deur Covid-19-pasiënte wat in groepe opdaag.
Volgens die departement is hierdie pasiënte baie siek en benodig kritieke sorg.
Kwara Kekana, woordvoerder van die departement van gesondheid, sê die hospitaal is onder druk met veral pasiënte wat onmiddellike spesialis-aandag nodig het.
Volgens Kekana het die ingang van die noodeenheid 'n area met 'n dak wat ontwerp is om rampe te hanteer.
Volgens die department het hy sedert Desember baie Covid-19-pasiënte opgeneem. – SABC News