10 maande gelede
Staatskaping: AFU soek geld
Bates van maatskappye met Gupta-bande is in die visier.  ~ Rapport

JOHANNESBURG. – Die batebeslagleggingseenheid (AFU) hoop om beslag te lê op R50 miljard in 17 sake wat met staats­kaping verband hou.

Ses van die sake is reeds in die hof gehanteer. Die enigste oponthoud nou is net dat hofbevele daarvoor uitgereik moet word.

So het die AFU se hoof van operasies, adv. Knorx Molelle, aan eNCA gesê.

Die AFU het reeds stappe gedoen teen Trillian en Mc­Kinsey. Dis twee maatskappy wat bande met die Guptas het.

Daar word gehoop dat ­sowat R1,6 miljard herwin kan word vir konsultasiewerk wat vir Eskom en Transnet gedoen is.

Molelle het gesê Trillian het reeds aangedui dat hy sal saamwerk.

Hy het gesê daar sal net beslag gelê word op bates as ’n laaste uitweg. – News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters