16 dae gelede
Springbokke land in Suid-Afrika
Pieter-Steph
Pieter-Steph du Toit kom op die O.R. Tambo-lughawe aan.  ~ Twitter

DIE eerste groepie spelers en personeel van die seëvierende Springbokspan het Dinsdagmiddag op die O.R. Tambo-lughawe in Johannesburg geland. 

Pieter-Steph du Toit, Wêreldrugby se Speler van die Jaar, die voorspeler-afrigter Matt Proudfoot en die skrumskakel Faf de Klerk was onder die eerstes om in Suid-Afrika aan te kom. 

Hulle het met hul aankoms 'n helde-ontvangs van die publiek ontvang.

Die Ndlovu Jeugkoor, wat onlangs die eindronde van America's Got Talent gehaal het, het ook die Bokke verwelkom.

Die Springbokke sal Donderdag met 'n toer begin om hul Wêreldbeker-oorwinning met Suid-Afrikaners te vier.

Die toer skop af in Gauteng en eindig volgende Maandag in Kaapstad.

So lyk die skedule vir die toer:

Donderdag, 7 November: Pretoria, Johannesburg en Soweto

Vrydag, 8 November: Durban

Saterdag, 9 November: Oos-Londen

Sondag, 10 November: Port Elizabeth

Maandag, 11 November: Kaapstad


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters