12 dae gelede
Bokke, Bill besoek Buffalo Stad
Bokke
Die mense van Oos-Londen het in hul getalle uitgekom om saam met die Springbokke te vier.  ~ Twitter

DIE seuns van die Oos-Kaap het Saterdag centre stage ingeneem toe die Springbokke hul Wêreldbeker-vieringe in Oos-Londen voortgesit het. 

Die stervleuel Makazole Mapimpi van Mdantsane en Lukhanyo Am van King William's Town het die William Webb Ellis-beker (Bill) omhoog gehou terwyl die Bokke deur die strate gery het.

Die mense van Oos-Londen het glad nie teleurgestel nie en het in hul duisende vir die bustoer opgedaag.

Mapimpi, Am asook Siya Kolisi se name is luidkeels uitgeskree.

Een supporter het selfs op die bek van 'n strootskraper gesit om 'n beter view te kry.

Faf de Klerk het ook weer die show gesteel deur sy (nou bekende) swembroekie met die Suid-Afrikaanse kleure te wys.

Die Bokke sal Sondag hul toer in Port Elizabeth voortsit waarna dit Maandag in Kaapstad afsluit.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters