18 dae gelede
Spoedvalke se motors in brand beskadig
crime
n Verkeersvoertuig is vernietig toe dit Vrydagaand aan die brand geslaan het  ~ Getty Images

DIE verkeersowerhede in Kaapstad ondersoek die oorsaak van 'n brand in die Gallows Hill-verkeersdepartement in Groenpunt.   

‘n Verkeersvoertuig is vernietig toe dit Vrydagaand aan die brand geslaan het terwyl 'n ander voertuig gedeeltelik beskadig is.   

Kevin Jacobs, ‘n woordvoerder van die verkeersdienste, sê die voorval het net ná 20:00 Vrydag plaasgevind. 

  Jacobs voeg by: “Geen beserings is aangemeld nie en die voorval word ondersoek.”  - EWN

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters