12 dae gelede
Spertyd vir aansoeke verleng
 Creche
ECD sentrums kan nog aansoek doen vir befondsing.  ~ Verskaf

DIE departement van maatskaplike ontwikkeling het die spertyd vir aansoeke vir die Covid-19-verwante fonds vir vroeë kinderontwikkeling (ECD) of die VKO-werkstimulusverligtingsfonds aangeskuif tot 26 Februarie. 

Tot dusver het die departement net meer as 16000 aansoeke ontvang en meer as 74500 werknemers in die VKO-sektor is geregistreer.  

Dis gedoen nadat drukgroepe die regering gevra het om onder meer alle burokratiese uitdagings uit die weg te ruim, berig SABC News.

Mpho Papale, maatskaplike bestuurder vir ECD, sê werknemers het gesukkel om vir toelae aansoek te doen.  

“Ons het dit ’n week uitgestel om ons nog tyd te gee en om seker te maak dat ons hulle teen einde Maart betaal. Dit gee ons ’n kans om te verifieer en betalings te doen en te verseker dat ons teen die einde van hierdie boekjaar die ECD-dienste wat in aanmerking kom, betaal.”  

Die departement van maatskaplike ontwikkeling sê  hulle het het gereël dat 100 nie-regeringsorganisasies en 200 Harambee-lede landwyd hand bysit met die ECD-aansoeke. 

Papale sê die departement het R496 miljoen gekry om 108833 bestaande ECD-verwante werknemers by te staan.  

Altesaam 68% van mense wat deelgeneem het aan ’n peiling deur die National Dynamics Income Study-groep kan wees lockdown-verwante werkverliese en salarisverminderings nie ECD-sentrums se fooie bekostig nie. 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters