Verlede maand
Speaker in hof oor dieremishandeling
Thandi Modise  ~ 

THANDI Modise, speaker van die parlement, het Maandag in die Potchefstroom-landdroshof in Noordwes verskyn op klagte wat verband hou met dieremishandeling.

Modise het glo diere op haar plaas verwaarloos waarvan 50 van hulle in die proses gevrek het. 

AfriForum se privaatvervolgingseenheid het Modise hof toe gesleep ná die Dierebeskermingsvereniging (DBV) by die organisasie gekla het oor haar plaas wat in 2014 met karkasse gestrooi was.

Daar was glo 50 dooie varke en karkasse van ander diere, insluitend skape, bokke, hoenders en eende gevind.

Die DBV het ondersoek ingestel en moes 162 diere van kant maak wat vir lang periodes sonder kos of water was.

Afriforum het laas jaar aangekondig dat hy Modise namens die DBV privaat gaan vervolg.

Die saak is uitgestel tot 30 Oktober waarna 'n verhoordatum bekendgemaak sal word. - OFM

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters