2 maande gelede
Soldaat skiet man glo ná stryery oor masker
Photo by Bill Oxford on Unsplash
Die soldaat is gearresteer op 'n klag van poging tot moord.  ~ Foto ter illustrasie

'N SOLDAAT is gearresteer nadat hy na bewering 'n man geskiet het tydens 'n stryery oor hoekom die ou nie 'n masker opgehad het nie.

Die voorval het Donderdag by die winkelkompleks in Mogwadi, Limpopo gebeur.

Brig. Motlafela Mojapelo, 'n polisiewoordvoerder, sê lede van die weermag was besig om die area te monitor toe hulle 'n groep mense genader het wat nie gesigmaskers opgehad het.

"Toe daar gevra is hoekom hulle nie maskers dra nie, het 'n stryery na bewering begin en een van die soldate het die slagoffer geskiet. Die 27-jarige man is na die hospitaal geneem."

Mojapelo sê die 29-jarige soldaat is op 'n klag van poging tot moord gearresteer. - TimesLive


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters