Verlede maand
Small was nie kaal, sê klubeienaar
James Small  ~ getty images

DIE eienaar van die klub waar die voormalige Springbok-vleuel James Small inmekaar gesak het, sê die rugbyspeler was nie kaal nie.

Small (50) is laas week aan 'n hartaanval dood.

Rapport het die naweek berig dat Small inmekaar gesak het en toe kaal en bewusteloos na die hospitaal gehaas is.

Gerome Saffi, 'n mede-eienaar van die klub, het aan die Afrikaanse dagblad, Beeld, ontken dat Small kaal was.

Hy sê Small het laas Dinsdag 'n paar doppe by die kroeg gedrink terwyl hy vir 'n date gewag het.

Saffi sê Small het sy selfoon gebruik terwyl hy inmekaar gesak het.

Hy sê sy personeel het CPR toegepas en hom toe probeer in die kar laai, maar dat hy te swaar was.

"Sy broek het in die proses bietjie afgeskuif, maar hy was nie kaal nie," sê Saffi.

Saffi sê sy klub is baie diskreet en huur kamers uit aan mans en vrou wat wil ontmoet. 

Hy het aan Netwerk24 gesê Small het gereeld klante en vrou by die klub ontmoet.

Small word Donderdag uit The Deck by Wanderers Club begrawe.

Almal is welkom het 'n woordvoerder van die familie gesê. - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters