6 dae gelede
Slagoffer van huweliksbedrog uiteindelik vry
Foto ter illustrasie: Gallo Images/Getty Images
'n Vrou is verlig dat sy uiteindelik vry kan wees van 'n valse huwelik.  ~ ter illustrasie: Gallo Images

NA MEER as 'n dekade van getroud wees met 'n onbekende man sal 'n vrou van Reiger Park uiteindelik die egskeiding kry waarna sy soek.

Volgens EWN is Elize O'Brien een van sowat 2 000 mense wat jaarliks 'n slagoffer van huweliksbedrog in Suid-Afrika is.

O'Brien se nagmerrie het begin die dag toe sy die geboorte van haar kind wou regisreer. Dis toe sy ontdek het dat sy is amptelik met 'n vreemdeling getrou. Iemand met sy nooit ingestem het om te trou nie, of selfs al ontmoet het nie.

Sy woon in 'n klein informele woning in Reiger Park in Boksburg, maar haar lewe is omgekeer met verskeie hofgevegte. Alles net om haar onafhanklikheid terug te kry.

Volgens binnelandse sake is sy getroud met ene Khaled Elshahhat Aly. 

Dit het gemaak dat sy nie net gesukkel het om rekeninge oop te maak of dienste op haar naam te kry nie, maar sy kon ook nie met die man op wie sy al 12 jaar verlief is trou nie.

"Ek weet nie eens hoe lyk die man met wie ek getroud is nie."

Danksy die regshulp wat sy ontvang het, het O'Brien 'n saak in die hooggeregshof gewen. Dit het die departement van binnelandse sake verplig om haar egskeiding te begin.

Op haar huweliksertifikaat is daar geen geboortedatum of identiteitsnommer van haar beweerde man nie. Dit dui daarop dat amptenare ook moontlik betrokke was by die bedrogspul.

Aaron Motsoaledi, die minister van binnelandse sake, het erken dat die huidige stelsel baie tekortkominge het.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters