DIE slaagsyfer vir die 2020 nasionale matriekeindeksamen het met 5,1 persentasiepunte (van 81,3% tot 76,2%) gedaal.
Dis egter steeds nie die ‘‘bloedbad’’ wat die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, verwag het nie.
Die Vrystaat was met 85,1% die toppresteerder gevolg deur Gauteng (83,3%) en die Wes-Kaap (79,9%).
Motshekga
het gesê dis 'n jammerte dat die slaagsyfer gedaal het, maar het die
klas van 2020 geprys vir hul veerkragtigheid in 'n ongekende en moeilike jaar.
Die klas van 2020 het meer onderskeidings behaal en
Motshekga sê dit kon selfs meer gewees het as dit nie vir die pandemie
was nie.
Altesaam 725 034 matrikulante het in 2020 die matriekeindeksamen afgelê. 76% van die seuns het geslaag en 75% van die dogters.
Meer as 2 161 leerders met spesiale behoeftes het die eindeksamen geskryf en 2058 van hulle het geslaag.- News24